Kapitalisme vandag: die “vrye mark” aanslag teen werkers – Workers Solidarity Federation, Afrikaans, undated

Vrye Mark Aanvaal - WSF Afrikaans

Download PDF

Daar is op die oomblik internasionaal ‘n groot verandering in die vorm van kapitalisme na die “vrye mark” vorm. In Suid-Afrika het ons die regering se nuwe beleid: “GEAR” en kapitalistiese “industriële herstrukturering”. Dit gaan lei tot grootskaalse werksverlies, befondsingsbesnoeings vir hospitale en skole en ‘n grootskaalse aanval op vakbonde.

Regering en mark

Voor die 1970s was die hoof neiging om die rol van die regering in die ekonomie te vergroot. Die was verrig deur die nasionalisering van industrieë, sosiale dienste verskaffing en prysvasstelling. Die uiterste voorbeeld is Rusland, waar die hele ekonomie genasionaliseer was en deur ‘n staatskapitalistiese elite bestuur was.  Maar dieselfde proses het reg deur die wêreld plaas gevind. Dit is nie sosialisme nie, maar net ‘n ander vorm van kapitalisme.

Vanaf die middel van die  1970s was daar ‘n nuwe neiging, na die “vrye mark” stelsel.  M.a.w. die regering los die direkte werking van die ekonomie uit en laat dit volgens die “vrye” besluite van kopers en verkopers in die mark werk. Volgens die denke wat hierdie metodes veroorsaak het, kan die regering nie die ekonomie reg hanteer nie. Dit het baie name: “neo-liberalisme”, “monetarisme”, “Thatcherisme”, “ekonomiese rasionalisme”, “strukturele verandering”, globalisasie” ens.

Vrye mark beleide

Hierdie beleide beteken in effek:

  • Privatisasie van “openbare” maatskapye
  • Verlies van staatsbeheer oor pryse (geen subsidies op basiese goedere meer nie)
  • befondsingsbesnoeing en ontrekking op sosiale dienste, omdat die regering geld wil bespaar
  • “arbeidsmark buigbaarheid” dit is ‘n kapitalistiese propogandistiese term wat onder meer die volgende beteken:
    • subkontraktering van werke
    • gebruik van loswerkers i.p.v. voltydse werkers met regte en voordele
    • ondermyning van vakbondregte
    • ondermyning van huidige regte
  • bevordering van mededingendheid. Dit sluit o.m. in:
    • verlaging van invoertariewe (om invoere te verhoog.
    • verlaging van belasting op firmas en base
  • “Industrieële herstrukturering” (maak Suid-Afrikaanse base meer mededingend teenoor buitelandse base) wat o.m. behels:
    • verhoging in produktiwiteit
    • “verkleining” m.a.w. afdanking van soveel as moontlik werkers
    • sogenaamde “samewerkende” werksreëlings wat probeer om werkers te kry om te help met die bestuur van kapitalisme.

Hel vir ons

Hierdie beleide se effekte is besonder negatief wat werkers en armes betref.

  • Befondsingsbesnoeings en privatisasie veroorsaak
  • grootskaalse afdankings
  • verlaagde toegang tot sosiale dienste soos gesondheidsdienste en onderwys
  • verhoging in prys van sosiale dienste soos vervoer, wees nuwe kommersieële en “winsgewende” pryse
  • Hoër pryse op basiese goedere soos kos en petrol weens die ontrekking van subsidies en ‘n verhoogde BTW i.p.v. hoër belasting op groot firmas
  • Aanvalle op werkersregte en kondisies, ondermyning van vakbonde deur “samewerkende” werksreëlings, meer gebruik van swak-betaalde werkers en subkontraktering
  • werkloosheid

Oorsake van vrye mark beleide

Hoekom word hierdie maatreëls internasionaal toegepas? Die hoofredes is:

  • Kapitalistiese krisis: kapitalisme het ‘n krisis ingegaan in die vroeë 1970s, omdat “groei” en wins gedaal het. Die base het probeer om hulle winste te behou en te verhoog d.m.v. ondermyning van vakbondregte, verlaging van lone en om belasting te verlaag op hulself.
  • Staatskapitalistiese krisis: die ineenstorting van die staatskapitalistiese stelsels in Oos-Europa en Rusland het die idee dat die regering die ekonomie kan bestuur in twyvel getrek. In die weste en die derde wêreld was staatsbeheer geblameer vir die krisis in die 1970s
  • Multinasionale maatskapye: Die massiewe internasionale firmas wat na die tweede wêreld oorlog na voor gekom het. Hulle soek lae lone, die kans om staatsfirmas op te koop en beleide wat internasionale kapitaalvloei toelaat.
  • Internasionale Monetêre Fonds en Wêreld bank. Hierdie imperialistiese instellings bevorder “vrye mark” beleide deur lande wat hulle geld wil leen, te dwing om hierdie beleide in te stel.

Wat die WSF hierop te sê het:

Daar is nie ‘n “vrye mark” nie. Die ekonomie word beheer deur massiewe internasionale maatskapye wat die meeste kapitaal in die wêreld besit. Ons besit niks en moet dus vir die base werk om aan die lewe te bly. Geen geld beteken geen kos.

Ons word ook uitgebuit deur die base, omdat hulle net deel van die waarde wat ons skep terug betaal, bv. ‘n werkers wat 50 mercedes ‘n maand bou en R1 500 kry. Hulle wins is ons verlies.

“Vrye mark” beleide is net ‘n verlenging van hierdie basiese beginsel van kapitalisme. Die base probeer om hulle winste te behou en te verhoog deur ons lone, dienste en werke te verminder. Hulle wil hê dat ons moet betaal vir hulle krisis sodat hulle kan bly lewe as vet varke.

Gee hulle hel!!!

Werkers moet alle aanvalle op huidige kondisies teenstaan en vir beter kondisies veg. Ons ondersteun geen vorm van kapitalisme nie. Ons besef dat kapitalisme met sterk regeringsinmenging nogsteeds kapitalisme bly en nogsteeds werkers en armes uitbuit. Ons moet alle vorms van kapitalisme teenstaan.

Ons moet ons vakbonde gebruik om die base en politici te dwing om hulle aanvalle op ons te stop. Ons moet ook alle “gekoopde vakbondburokrate” wat kapitalisme en die regering ondersteun d.m.v.  vir privatisasie en “herstrukturering” aan te moedig. Vakbondwese is die enigste manier om die base daagliks te beveg en om eendag hulle vrot stelsel permanent te vernietig. Ons moet stry vir egte werkersbeheer van die ekonomie deur die vakbonde.

Daar is groot teenstand in ander lande teen die “vrye mark”. As ons saamstaan kan ons wen.

Ons vra vir

  • Massa-aksies en stakings teen privatisasie
  • Werksplek “sit-ins” en stakings deur werkers wat deur afdankings gedreig word. Dit moet met massiewe solidariteit vergesel word deur ander vakbonde.
  • Beveg alle pogings tot privatisasie en diensafsnying
  • Verdediging van werkers- en vakbondregte.
  • Eenheid tussen werkers van alle lande
  • Revolusionêre vakbondwese teen die base se aanvalle!
Advertisements