Die armes moet die plase terugvat – WSF, Afrikaans, undated

Die armes moet die plase terugvat - WSF, Afrikaans

Die armes moet die plase terugvat

Download PDF

Die land vraagstuk gaan die oorsaak van grootskaalse stryd in die toekoms wees. Van 1652 af het die koloniale  en apartheidsregerings die vorige gebruikers van grond beroof en die grond aan ryk wit boere gegee.

Oorlog teen die armes

60 000 hoofsaaklik wit boere besit 87% van al die plase. 68% van die plattelandse bevolking (hoofsaaklik swart en kleurling werkers) ly aan uiterse armoede. Arbeidsbeheer is geweldig gewelddadig en vakbonde skaars. Werkloosheid is hoog, aangesien masjiene werkers vervang.

In die bantustan beheer die stamhoofde toegang tot plase en gebruik hierdie mag om mense te dwing om te werk vir en belasting te betaal aan hulle. Hulle gebruik hulle kontakte in die regering om hulself te verryk en hul heerskappy af te dwing.

Vroue word op grond van “tradisie” toegang geweier na plase.

Ongeag stamhoofde se rol voor die koloniale tydperk, is dit duidelik dat hulle gedurende die twintigste eeu die vriende van die rassistiese kapitalistiese regering was en is. Die gebruike van die sogenaamde “Bantu owerhede” is ou nuus op die reserwes.

Kan ons op die HOP reken?

Die ANC regering se landhervormingsbeleid kan nie hierdie groot probleem oplos nie.

Grondeise hof

Die hervormingsbeleid het drie hoofelemente. Die eerste is ‘n grondeise hof waar mense wie se plase deur rassistiese wette of “korrupte beleide” NA 1913 gesteel is, hulle plase terug kan eis.

Een van die probleme hiermee is dat ongeveer 90% van die plase teen daardie tyd reeds gesteel was. Die mense wie se plase na 1913 gesteel is, is hoofsaaklik versprei oor Suid Afrika en kort oor die algemeen die dokumente om te bewys dat die plase aan hulle behoort het.

Die regering het ook gesê dat hulle die boere wat hofsake verloor, sal betaal. So as jy steel sal mense by jou terugkoop. Ons by die WSF voel dat diewe nie betaal moet word nie. Die regering weier om belasting op die rykes te verhoog en het dus nie die geld om die plan uit te voer nie.

Plase op die mark

Die tweede element van die hervormbeleid het die hoogs misleidende en propagandistiese naam: “plaas herverdeling”. Dit werk op die beginsel van “bereidwillige koper, bereidwillige verkoper”. Dit beteken in effek dat plase gekoop moet word soos hulle beskikbaar word. Die regering gee ‘n familie R15 000 as ‘n subsidie om te help om plase te koop.

R15 000! Watter plase kos deesdae onder R1 miljoen? Geen. Wat dit in effek gaan beteken is dat die swart kapitalistiese minoriteit die plase gaan kry, omdat net hulle sulke geld het. Die werkersklas massa gaan nie plase kry nie, maar die rassistiese boere gaan goed betaal word vir die plase wat hulle gesteel het.

In elk geval gaan net die swart kapitalistiese elite die R15 000 kry, veral as mens die regering se tekort aan geld in ag neem, maar ook omdat die elite dink dat hulle die beste boer.

Bewonersregte

Die laaste element van die hervormingsprogram is eiendomshervorming. Dit behels woonregte vir tradisionele inwoners en werkers op plase.

Hierdie beskerming is iets goeds, maar los nie die onderliggende probleme van herverdeling, armmoede en die verdrukking van vroue op nie.

Veg terug! Eis egte hervorming

Die ANC regering se landhervormingsprojek sal duidelik min plase herverdeel en min aan die plattelandse omstandighede verander. Die wit kapitalistiese boere, die nuwe swart kapitalistiese elite en die stamhoofde gaan duidelik uit hierdie program voordeel trek. Werkers en armes nie.

Ons behoort nie verbaas te wees nie. Alhoewel die vervanging van die rassistiese diktatorskap met ‘n parlement ‘n reuse sukses was, bly die regering die regerende klas (kapitaliste, generale, hoof politici en burokrate) se gereedskap. Dit sal nooit die fundementele belange van werkers ondersteun nie.

Daarom moet ons ons eie krag gebruik om te wen. Ons moet in ons miljoene saam kom en die regeerders en base dwing om die plase sonder terugbetaling terug te gee.

Revolusie deur die vakbonde

Die eerste stap sal wees om klein plaasvakbonde op te bou en te versterk. Die vakbonde moet almal wat uitgebuit word verteenwoordig: plaaswerkers, plaasbewoners en selfs die wat sonder werk sit.

In die korttermyn moet die vakbonde veg vir beter omstandighede en hoër lone, asook teen afdankings, uitsettings en geweld teen armes. Hierdie stryd moet veral gestry word op die platteland, op die plase en in die bantustans.

In die langtermyn kan hulle die kapitalistiese boere en stamhoofde uitsit en die plase terugvat. Sodoende kan ons landboukollektiewes of  kommunes met werkers en armes bou.

Geen nuwe regerende klas (swart of wit) sou toegelaat word nie. Almal sou hulle deel moes doen en elkeen sou kry wat hulle nodig het om ordentlik te leef. Hierdie kollektiewes sal noodwendig hoofsaaklik swart en kleurling wees, maar indiese en nie rassistiese wit werkers sou natuurlik welkom wees.

Die landbou kollektiewes moet met mekaar en die werkers in die stede se organisasies en vakbonde federeer. Dit maak dit moontlik om op die voetsoolvlak die ekonomie te beplan en militêre verdedeging te organiseer. So kan ons libertariese sosialisme (anargo sindikalisme) bou.

Advertisements