Na die ineenstorting van Marxisme: Watter alternatiewe teenoor kapitalisme bly oor? – Workers Solidarity Federation, Afrikaans, undated

Watter alternatiewe teenoor kapitalisme bly oor - WSF Afrikaans

Na die ineenstorting van Marxisme: Watter alternatiewe teenoor kapitalisme bly oor?

Download PDF

Kapitalisme en die regering bly mense teleurstel. Ter selfde tyd is ‘n groot gedeelte van die sosialiste in ‘n onoplosbare krisis gedompel. Al wat oorbly is anti-outorotêre, anti-regering sosialisme op die voetsoolvlak: libertariese sosialisme (anargo-sindikalisme).

Uitbuiters

Kapitalisme en die regering het die mederheid van die mensdom laat ly: werkers, plattelanders en armes. Volgens onlangse VN verslagte:

  • het 358 biljoenêrs meer bates as die gekombineerde inkomstes van lande wie se bevolking saam 45% van die wêreld bevolking is.
  • Die rykste 20% van die wêreld se bevolking kry 85% van die wêreld se inkomste.

Kapitalisme en die regering bestaan om die rykes te help om die armes uit te buit. Hulle veroorsaak armoede, werkloosheid, haweloosheid en grondloosheid. Hulle is ook die hoofoorsaak van rassisme. Rassisme was gebruik om werkers te verdeel en om sodoende rassemoord, kolonialisme en die superuitbuiting van swart werkers onder apartheid kapitalisme te “regverdig”.

Die linkervleuel se krisis

Tog ly die groter sosialistiese beweging aan ‘n krisis in die Weste en Ooste. Hulle is die

  • reformistiese sosialiste/Sosiale demokrate/arbeidspartye
  • verskillende Marxiste/kommuniste/Trotskiste.

Hulle betaal nou vir hulle bedrogspul teenoor sosialisme hierdie eeu. Wat hulle as sosialisme gesien het is oral verwerp. Ons het nou net revolusionêre, anti-outorotêre, anti-regering libertariese sosialisme (anargo-sindikalisme).

Sosiale demokrasie se mislukking

Reformistiese sosialiste/sosiale demokrate (soos die arbeidsparty in Engeland) dink dat kapitalisme na sosialisme hervorm kan word deur vir hulle te stem. Hulle maak klein hervormings (soos werkloosheidsbetalings) en deur vakbonde te kry om met base te werk om ekonomiese “groei” te bevorder. Hierdie beleid was na 1945 in Europa ingestel en was bekend as die “welsynstate”.

Hierdie hervormings was oor die algemeen deur werkers se aksies liewer as verkiesing ingestel. Alhoewal dit progressief was in dat dit omstandighede verbeter het, het die beleid nooit kapitalisme teengestaan of ongelykheid en armoede beëindig nie. Dit het ook vakbonde verswak deur hulle te kry om met die base saam te werk: dit het die stryd teruggehou en vakbonddemokrasie ondermyn deur ‘n voltydse leierskap in te stel.

Die welsynstaat is net moontlik gedurende ekonomiese voorspoedgolwe in ontwikkelde lande. Toe die ekonomie verswak in die 1970s het die base probeer om hulle winste hoog te hou deur belasting op hulle te verlaag, staatseiendom te privatiseer en lone te verlaag. En dit was die Sosiale demokrate wat die “vryemark” aanval teen werkers begin het in Britanje, Frankryk, Australia en ander lande.

Wat die sosiale demokrate nie besef het nie (of besluit het om te ignoreer) is dat die staat (parlement, polisie en burokrasie) werkers en armes se vyand is. Mag lê nie in die parlement nie, maar in groot maatskapye, die weermag en in die hande van hoë regeringsamptenare. Dus sal die regering altyd teen werkers se belange werk, ongeag wie verkies is. Daar is geen parlementêre weg na sosialisme nie.

Die sosiale demokrate het hulle progressiewe beleid gelos, bv. die nuwe “arbeidsparty” beplan nie meer om te nasionaliseer nie en werkers stem nie meer vir hulle nie, weens al hulle fals beloftes.

Marxisme?

Revolusionêre marxisme is ‘n ander mislukde sosialistiese strategie. Die hoof voorbeelde hiervan is die verskillende komunistiese partye. Daar was ook verskillende trotskistiese groepe sonder enige massa basis.

Hulle het Marx, Lenin en soms Trotsky gevolg en geglo dat ‘n revolusionêre sosialistiese party met “gevorderde militante” (die sogenaamde “vanguard party”) sosialisme sou bou deur deur ‘n revolusie staatsmag oorneem. Die werkers sou “gelei” word na sosialisme van bo af deur die party en regering deur die ekonomie te nasionaliseer, sentrale beplanning en verdrukking van magte wat hulle voel anti-revolusionêr is.

Die model strategie was die Oktober Russiese revolusie in 1917, toe Lenin en Trotsky die regering oorgeneem het en wat hulle as sosialisme gesien het, ingestel. Dit was toegepas op Rusland, China en Kuba.

Hierdie lande was nooit regtig sosialisties nie. Die enkelparty regering en die elite het al die mag gehad en die werkers en plattelanders uitgebuit. Ons noem dit “Staatskapitalisme”.

Dit was die resultaat van Lenin en Trotsky se outoritêre beleid van die verdrukking van werkers en die vernietiging van hulle beheer oor fabrieke, verdukking van links-gesindes en die bou van ‘n diktatorskap. Die pad was vir Stalin gebou: hy het net dit geloop.

Hierdie regimes het ineengestort in die laat 1980s. Een rede was die ekonomiese krisis wat van die swak ko-ordinasie van die hoogsburokratiese sentraal beplande ekonomieëen  tekorte aan tegnologie en basiese goedere gestem het.

Die ander rede was groot ontevredenheid: miljoene werkers het saamgewerk om die regerings oor te gooi, omdat hulle siek en sat was vir die alewige tekorte, slegte omstandighede en ondemokratiese regimes wat vakbonde, vryheid van spraak en politieke assosiasie verbied het en buurlande soos Afghanistan en Tibet verslaan het.

Die kommunistiese partye se fout was om te dink dat sosialisme van bo af deur ‘n sterk enkelparty regering sou kom.

Libertariese sosialistiese alternatief

Dit wat die afgelope 70 jaar sosialisme genoem was, was misnoem. Sosialisme is nie dood nie: die idees oor sosialisme is foutief.

Daar is ‘n alternatief teenoor kapitalisme en die regering: libertariese sosialisme (anargo-sindikalisme): die massa gebaseerde tradisie van revolusionêre anti-outoritêre sosialisme.

Ons het al van die begin af sosiale demokrasie en kommunistiese diktatorskap verwerp. Sosialisme is iets wat van die voetsoolvlak af moet kom. Dit kan nie deur ‘n klein minoriteit met staatsmag gegee word nie.

Sosialisme kan net deur die werkers se massa-organisasies: die vakbonde en demokratiese organisasies die fabrieke en plase oorneem en ‘n demokratiese samelewing bou. Dit kan NIE deur verkiesings gebeur nie.

Hierdie revolusie moet beide kapitalisme en die regering om ver werp. Enigiets minder sal net die mag van die ou na die nuwe base oordra. Ons soek nie nuwe base nie! Ons soek geen base! Die regering moet met ‘n werkersdemokrasie waar besluite in die vakbonde en gemeenskappe gebeur en verdedig deur ‘n demokratiese weermag, vervang word.

Die WSF

Die ineenstorting van die tradisionele linkervleuel wys dat ‘n alternatief gesoek word. Dus groei ons beweging internasionaal.

Ons moet’n libertariese sosialistiese (anargo-sindikalistiese) politieke organisasie met duidelike idees interne demokrasie bou om die volgende te doen:

  • Alle stryde teen verdrukking te ondersteun.
  • Die werkersklas te oortuig van libertariese sosialisme.
  • Vakbonde na revolusionêre vegeenhede verander.
  • Gedurig veg teen kapitalisme en die regering.
Advertisements